Slang sit vas in vrou se oor in video

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video wat op sosiale media soos ‘n veldbrand versprei het, het baie mense laat wonder oor of dit waar kan wees of nie, maar almal stem saam dis grusaam. Die video is van ‘n lewendige slang wat glo in ‘n vrou se oor vassit terwyl ‘n “dokter” dit probeer uithaal.

Dis onduidelik hoe die slang in die vrou se oor sou kon inkruip en dan sy kop uitsteek asof dit op een of ander manier omgedraai het.

In die video probeer iemand, wat lyk soos ‘n dokter, die slang met verskillende imstrumente uittrek. Die video eindig voordat mens kan sien of die slang uitgehaal is of nie.

Baie sosialemediagebruikers dink die video is vals, maar jy kan vir jouself besluit deur na die video te kyk hieronder.

Bronne: Jacaranda FM, EurWeb, HITC, Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Archie en Lilibet word prins en prinses maar kry nie HRH-titels nie