Camilla en Charles se ‘liefdeskind’ wil koninklike gesin hof toe neem

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man wat beweer dat hy Charles en Camilla se “liefdeskind” is, het glo vroeër die jaar aan koningin Elizabeth geskryf dat hy ‘n vaderskaptoets wil laat doen.

Simon Dorante-Day beweer dat hy dié egpaar se geheime kind is wat hulle gehad het voor hulle getroud was. Dorante-Day was al verskeie kere in die nuus oor dié beweringe.

Dorante-Day het vroeër die jaar gesê hy het geen terugvoer gekry op die brief wat hy aan koningin Elizabeth gestuur het nie.

Hy het aan 7NEWS gesê hy oorweeg nou om regstappe teen die koninklike gesin te neem en is ook bereid om Charles hof toe te neem vir DNA-toetse.