Bhekisisa Samora Dlamini (38) is Dinsdag tot 128 jaar tronkstraf gevonnis na die moord op ‘n metropolisiebeampte.
Johannes Jacobus van der Linde is op 22 Junie 2021 vermoor toe hy en van sy kollegas na onwettige myners by die Marathon- informele nedersetting gesoek het.
Van der Linde en sy kollegas het op ‘n groep onwettige myners afgekom en dié het skote op die beamptes afgevuur. Van der Linde is doodgeskiet.
Dlamini is op een klagte van moord, vyf van poging tot moord en die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie gevonnis.



