Rayn Cronje, ‘n 7-jarige van Rustenburg, is Saterdag in die oggendure tuis aan ‘n hartaanval oorlede.
Sy pa, Wimpie Cronje, die volgende op sy Facebook-blad geplaas:
“Rus saggies pa se seun, waar jy nou heen is is by ons groot pappa. JESUS ek weet u sal na Rayn mooi kyk tot die dag ons almal weer sal bymekaar kom, Dankie dat ek sy Vader op aarde kon wees in JESUS NAAM amen!!!
Hy het hierdie ‘n dag na die vorige inskrywing geplaas:
“More pa se seun uit my hart uit na jou se ek dit, want waar jy nou is kan ek met jou praat uit my hart en gedagtes, onthou net ONS 6 Het jou baie lief my seun ons harte baie seer maar ons weet jy is nou by ‘n beter plekkie, Ons soek jou nog op die bank en in kamers maar sal gewoond raak ons moet jou by ons Vader da bo soek, ons oë moet na bo gerig word, MAAR KROKKIDIL ONS SAL ALTYD LIEFIES WEER VIR JOU LOVE YOU PAPPA.”
Laerskool David Brink, waar hy ‘n graad 1-leerling was, het ‘n boodskap van simpatie namens die skool aan Rayn se ouers en familie gepaas:
“Brinkies dra julle op in ons gebede. Rus sag Rayn, ons gaan jou baie mis.”
Die skool het ‘n muntlegging gehou om geld in te samel vir die Brink-familie.
Riana Kroëse van Care 2b Kind, ‘n nie-winsgewende organisasie wat die familie bystaan, het die volgende geplaas:
“Ek kom vandag met groot hartseer na julle toe. Klein Rayn Cronje, 7 jaar oud, is in die vroeë oggendure oorlede.”
“Rayn was deel van ‘n gesin met mamma, pappa en vier boeties (saam met hom was hulle vyf kinders).”
Riana het aan Find-it Nuus gesê dat Rayn in die vroeë oggendure badkamer toe was. Hy was moeg en uitasem en het regop gesit en slaap. ‘n Paar ure later het sy boetie hul ma gaan wakker maak en gesê dat Rayn nie meer asemhaal nie.
Rayn se roudiens vind Vrydag 16 September plaas vanuit die AGS Kerk Oos Einde, Rustenburg.
Enige persoon wat ‘n bydrae kan lewer tot onkostes kan Riana kontak by 082 061 8458.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



