‘n Man wat lewenslange tronkstraf opgelê is vir die verkragting van ‘n 11-jarige het aan die hof gesê dat hulle konsensuele seks gehad het, want sy was sy “kinderbruid”.
Die man, wat nie genoem word nie om die kind se identiteit te beskerm, het teen sy skuldigbevinding en lewenslange tronkstraf geappelleer voor die Wes-Kaapse hooggeregshof. Die hof het egter beide skuldigbevinding en vonnis bevestig.
Die man se verskoning, wat deur die hof verwerp is, was dat hy gedink het “sy bruid” was 15 toe haar pa haar “vir hom gegee het”.
Haar pa het gesê hy het haar nie vir die man gegee as ‘n bruid nie, hy het net die man gevra of sy daar kan bly, want hulle blyplek was te klein vir twee mense.
Die kind het in haar getuienis ook ontken dat sy ‘n kinderbruid was. Volgens haar het die beskuldigde haar by minstens drie geleenthede verkrag en vir haar gesê om vir niemand te sê nie, anders gaan hy haar doodmaak.
Die feit dat sy verkrag is, het eers aan die lig gekom toe sy sewe maande swanger was met die beskuldigde se kind.
Die pa het gesê hy het nie geweet sy is verkrag nie en teen die tyd wat hulle dit agtergekom het, was dit te laat vir haar om ‘n aborsie te kry. Hy het haar steeds teruggestuur na die man se huis en het glo gesê dis haar huis.
Die pa het eers polisie toe gegaan nadat die gemeenskap uitgevind het dat die kind verkrag is en die verkragter aangerand het.
Sy het later geboorte geskenk aan ‘n seuntjie wat kort daarna weggeneem is. Sy is self in pleegsorg geneem, waar sy steeds bly.
Bronne: IOL, Scoopnest
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



