Moord vermoed na vrou in woonstel doodbrand

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Moordondersoek is geloods nadat ‘n vrou Dinsdagoggend in ‘n brand in haar woonstel in Gqeberha dood is.

Daar was aanvanklik geen misdaad vermoed nadat die 65-jarige vrou se gedeeltelik verkoolde liggaam in haar slaapkamer gevind is nie.

Die vrou het in die Fernkloof-woonstelblok gebly.

Volgens kol. Pricilla Naidu, polisiewoordvoerder, is daar glo bewyse op die toneel gevind wat daarop dui dat dit moontlik ‘n moord kon wees.

Die polisie is Dinsdag om 08:00 van die brand in kennis gestel. Die oorledende se motor is sowat 8 km van die woontelblok gevind.

Die oorledene se naam word nog weerhou totdat haar naasbestaandes in kennis gestel is.