Bende vasgetrek na polisie inligting ontvang

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bende wat vermoedelik vir huisbrake, huisrowe en diefstal in Gauteng en die omliggende provinsies verantwoordelik is, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die polisie se onderskeie eenhede het die bende se bewegings dopgehou na hulle inligting ontvang het.

Drie verdagtes is in Pretoria-Noord in ‘n Haval gewaar. Die polisie het die voertuig deursoek en op gereedskap afgekom wat die bende glo vir huisbrake gebruik het.

Al drie verdagtes is in hegtenis geneem en die voertuig is ook gekonfiskeer.

Die verdagtes was vermoedelik betrokke by verskeie sake wat in September in Benoni aangemeld is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel