‘n Swart mamba van ongeveer 1,5 meter is Dinsdag uit ‘n huis in Emona, KwaZulu-Natal verwyder.
‘n Inwoner het Reaction Unit South Africa (Rusa) se Tongaat-operasiesentrum omstreeks 12:39 gekontak nadat hy die slang in sy sitkamer opgemerk het.
Die reaksiebeamptes het na die huis gegaan en die slang agter ‘n plastiekkrat gekry.
Die professionele slangvanger Samantha Cumming is uitgeroep om die hoogs gevaarlike slang te verwyder.
Die slang sal aan ‘n reptielpark oorhandig word.




