Lizé van den Berg (5) is as een van vyf wenners van ‘n landswye SPAR-kompetisie aangewys.
SPAR Bailliepark in Potchefstroom, waar sy deelgeneem het, het op 6 Junie die kompetisie op hul Facebook-blad geloods.

“Big Family Portraits by Little Artists competition”

Kinders wat wou deelneem ,moes inskryf en ‘n portret teken van hul gelukkige familie en ‘n kort storie daarby aanheg.
Die kompetisiewenners is telefonies verwittig.
Lizé het ingeskryf, deelgeneem, en nou word haar tekening aangebring op een van SPAR se afleweringstrokke wat landswyd aflewerings doen.
Volgens die Potchefstroom Herald het sy boonop as wenner weggestap met ‘n R1 000-geskenkbewys, ‘n gelukspakkie en ‘n sertifikaat van SPAR.
Bron: Wouter Pienaar Potchefstroom Herald en Bailliepark SPAR Facebook-blad.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



