Man met byl doodgekap omdat hy glo by kamer inloer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte (30) sal vandag in die Belfast-landdroshof verskyn na hy glo ‘n oortreder met ‘n byl doodgekap het toe die oortreder by sy kamervenster ingeloer het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op 11 September in die vroeë oggendure plaasgevind.

Die slagoffer het glo by die verdagte se huurkamer ingeloer toe die verdagte ‘n byl gegryp het en hom op die kop daarmee begin kap het.

Die polisie ondersoek die saak om vas te stel wat tot die gru-aanval kon lei.

Die slagoffer is op die toneel dood verklaar.