Kimberley se Voortrekkers maak kinderharte bly

Deel hierdie storie / Share this story

Die afgelope naweek was die Rocco Knobel-Voortrekkerkommando in Kimberley deel van die CHOC Childhood Cancer Foundation South Africa se verrigtinge wat in die stad gehou is. Nog slaapsokkies is oorhandig aan CHOC, wat die totaal nou al op 941 pare te staan bring.

Die gr 11’s wat hierdie projek dryf, se doelwit is om ten minste 1 000 pare slaapsokkies te oorhandig.

Hulle is ook ingelig dat die eerste 400 pare wat ontvang is, alreeds aan kinders gegee is, dus is hierdie nie net ‘n eenmalige behoefte nie.

Enige persoon wat bereid is om wol te skenk of om self te help brei, is welkom om vir Yolande Botes te kontak in hierdie verband – 0828729494.

Welgedaan Voortrekkers, julle maak ‘n groot verskil in hierdie kinders se lewens.