Geroeste vuurwapens glo uit 1915 in Namibië opgegrawe

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Groot hoeveelheid geroeste vuurwapens en ander artefakte is Donderdag in Namibië opgegrawe.

Volgens The Namibian het die Namibiese telekommunikasiemaatskappy, Telecom, op die vuurwapens afgekom toe hulle slote by ‘n gimnasium se sportgrond gegrawe het.

Die versteekte vuurwapens sluit dubbelloop-haelgewere en rewolwers in.

Meeste van dié vuurwapens is glo deir Duitse Schutztruppe, soldate uit Duitsland en destydse kolonies in Afrika, begrawe.

Die polisie in Namibië hanteer nou die historiese vuurwapenvonds.

Kauna Shikwambi, Namibiese polisiewoordvoerder, sê die polisie is steeds besig om van die wapens op te grawe.

Daar is tot dusver 1 250 vuurwapens opgegrawe.