Die liggaam van ‘n baba is vanoggend 13 September op die strand by Hartenbos gevind.
Volgens Mosselbaai Advertiser was die liggaam in ‘n pienk lap en twee plastieksakke toegedraai en in ‘n koelsak versteek.
Die geslag en ouderdom van die baba is nog nie bekend nie.
Die polisie se kommunikasiebeampte, AO Kappie Kapp, sê die liggaam is om ongeveer 10:00 naby die riviermond deur ‘n strandganger gevind.
“Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om ons met inligting te help.”
Enigeen met inligting oor iemand wat onlangs geboorte geskenk het en skielik nie meer ‘n baba het nie, sal die ondersoekspan help. Die lap waarin die baba toegedraai is en die koelsak is ook uitkenbaar.”
Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte in die saak AO Marizaan du Plessis kontak by 079 879 9003.



