Vyf dood nadat walvis glo boot tref in Nieu-Seeland

Deel hierdie storie / Share this story

9 News in Nieu-Seeland het gister met toestemming ‘n berig van Stuff gedeel en gesê vyf mense is dood nadat ‘n visvangboot, waarin 11 voëlkyk-entoesiaste (almal vrouens bo die ouderdom van 50), was, omgeslaan het.

Fotokrediet Stuff

Die kaptein van die boot moes met nog ses mense aan boord gered word.

Die voorval het naby Goose Bay suid van die kusdorp Kaikōura plaasgevind.

Na bewering het die boot teen ‘n walvis vasgery, maar polisie ondersoek die voorval en het nog nie bevestig dat dit wel gebeur het nie. Daar is aan owerhede gerapporteer dat ‘n walvis glo die boot omgekeer het.

Die vissersboot behoort aan ‘n plaaslike verhuurder Fish Kaikōra.

‘n Reddingshelikopter en kuswag-vrywilligers saam met duikers is ingeroep om met die reddingspogings te help.

Die boot is na ure na die kus gesleep.

Craig Mackle, die burgemeester van Kaikōura, het gesê hy het met ‘n “siek gevoel” saam met ander op nuus gewag.

Ses mense is na ‘n plaaslike mediese sentrum vir nodige behandeling geneem.

Matt Boyce, Kaikōura-polisiesersant, sê dit is ‘n ongekende voorval wat plaasgevind het, wat gelei het tot beduidende reaksie van nooddienste, die gemeenskap asook die Kaikoura- maritieme gemeenskap. “Dit is ‘n tragiese voorval en die polisie voorsien ondersteuning aan digene wat betrokke is in dié moeilike tyd.”

Neroli Gold, waarnemende president van Kaikōura Kuswag, het gesê die vaartuig is regop gebring en na die hawe getou.

Saterdagmiddag het die polisie ‘n gedeelte ongeveer 3,7 km suid van Kaikōura afgesper waar hulle begin het om die eerste van die liggame van die slagoffers na die land te bring.

Twee maritieme ondersoekers van Nieu-Seeland is vanaf Christchurch gestuur om ‘n ondersoek te begin nadat reddingsoperasies voltooi is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Volg ons op Telegram by https://t.me/finditnuus.

Indien jy belangstel in bemarking volg hierdie skakel
https://find-it.co.za/2022/07/26/adverteer-en-bemark/