Vrou jaag gaste sonder geskenke weg by ‘baby shower’

Deel hierdie storie / Share this story

Gewoonlik is ‘n ooievaarstee se doel om geskenke vir verwagtende mammas en hulle babas te gee, maar mense daag dikwels sonder geskenke op.

Een paartjie in Amerika het besluit om hulle gaste wat sonder geskenke opgedaag het en toe aangesit het om te eet, weg te jaag.

Early en Tia het toesprake gemaak om hulle vriende en familie te bedank, maar Tia het besluit om iets meer te sê as net “dankie”.

“Sommige mense het gekom en het nie eers ‘n geskenk gebring nie. Dit gee my my trouvibes, want van die gaste wat na my troue toe gekom het, het nie ‘n geskenk gebring nie. So as jy na die baby shower toe gekom het en jy het nie ‘n geskenk gebring nie, kan jy nou gaan,” het sy aan die gaste gesê.

Terwyl baie van die gaste uitgebars het van die lag, het ‘n familielid die spanning aangevoel en gesê Tia maak net ‘n grap en het swangerskaphormone blameer vir wat sy gesê het.

Maar Tia het dit duidelik gemaak sy maak nie ‘n grap nie.

“Ek het dit bedoel. Dit is geen hormone nie. Ek het presies bedoel wat ek gesê het. As jy nie ‘n geskenk gebring het nie, kan jy opstaan en gaan. Ek het gesê wat ek gesê het,” het sy herhaal.

Baie mense stem saam met Tia se optrede en sê dat dit omtrent tyd is dat sulke mense die deur gewys word.

Bronne: ECR, Nigerian Wedding Blog, Instagram

Lees ook: 200 passasiers deur polisie uit vliegtuig begelei

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel