Skelet van vroulike ‘vampier’ in Poolse begraafplaas gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Argeoloë het die skelet van ‘n vrou in ‘n Poolse begraafplas van die 17de eeu gevind. Niks vreemd daaraan nie, behalwe dis die skelet van ‘n “vampier”.

Navorses wat verlede maand die skelet gevind het, het hulle bevindings geplaas en vertel dat die skelet gevind is met ‘n skerp sekel om haar nek en ‘n hangslot om haar groottoon.

‘n Sekel is in die 1600’s en 1700’s gebruik om te keer dat “vampiere” terugkeer van die dood.

Hoofnavorser prof. Dariusz Polińsk het aan Daily Mail gesê: “Die sekel is nie plat gelê nie, maar op so ‘n manier op die nek geplaas dat as die oorledene probeer het om op te staan … die kop afgesny of beseer sou gewees het.”

Nog navorsing sal gedoen word oor die skelet en die begraafplaas.

Bronne: LadBible, CBS News, Greek Reporter

Lees ook: Afrika se oudste dinosourus in Zimbabwe opgegrawe

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel