‘n Bestuurder van ‘n silwer VW Polo is glo deur twee minderjariges genader en met ‘n mes gedreig sodat hy uit sy voertuig moes klim. ‘n Tiener is daarop gearresteer, nadat sy 16-jarige medepligtige in ‘n voertuig wat glo deur die twee gekaap is, weggekom het.
Die voorval het Woensdag ongeveer 14:04 buite die Primêre Skool Brookdale in Phoenix, KwaZulu-Natal plaasgevind.
Volgens Reaction Unit South Africa (RUSA) het hulle ‘n noodoproep ontvang om hulp te verleen.
Na bewering het die twee, voormalige leerlinge van die skool, ‘n bestuurder van ‘n silwer VW Polo, genader en met ‘n mes gedreig sodat hy uit sy voertuig moes klim. Die voorval is egter deur omstanders raakgesien en die minderjarige is deur die gemeenskap gearresteer terwyl die ander een met die motor kon wegjaag.
Die opsporingstoestel van die voertuig is deur RUSA-beamptes geaktiveer waarna dit verlate in Amouti KZN teruggekry is.

Volgens die tiener wat gearresteer is, wou hulle by ‘n bende in Amouti aansluit en was die kaping van die motorvoertuig deel van hul inisiasieproses.
Die tiener is deur die polisie by Phoenix-SAPD aangehou.
FiND-iT Nuus het die polisie in KZN om kommentaar gevra.
Lees die plasing van RUSA hier:
Teen Arrested During Gang Initiation Hijacking: Brookdale – KZN
A teenager was apprehended while his 16 year old accomplice fled in a vehicle they hijacked outside Brookdale Primary School in Phoenix – KZN this afternoon (Wednesday).
Reaction Unit South Africa (RUSA) received a call for assistance at approximately 14:04 after both teenagers who were former students of the school approached the driver of a silver VW Polo, produced a knife and demanded he exit the vehicle. The incident drew public attention. One suspect was immediately apprehended by the community while his accomplice sped off in the victim’s vehicle.
RUSA Members contacted Tracker and activated the vehicle’s tracking unit. Reaction Officers, members of the SAPS K9 Unit and Tracker Operations team proceeded to Amouti – KZN where the car was emitting signals. The vehicle was recovered abandoned.
According to the suspect in custody, they intended on joining a gang in Amouti – KZN. Part of the initiation process was to hijack a vehicle. They were expected to deliver the VW Polo to a taxi owner.
The teenager is currently detained at the Phoenix SAPS.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Volg ons op Telegram by https://t.me/finditnuus. Indien jy belangstel in bemarking volg hierdie skakel
https://find-it.co.za/2022/07/26/adverteer-en-bemark/



