Burre Burger: van matraspakkie na padkaartpakkie

Deel hierdie storie / Share this story

Besit jy een van hierdie pakkies?

Fotokrediet Burre Burger

As die hoof- uitvoerende beampte van Droogtehulp, ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO) wat op 6 Maart 2017 gestig is, help Burre Burger die boere van ons land wat onder droogte gebuk gaan.

Besoek jy die webtuiste sal jy die bystand sien wat hy reeds in geldwaarde, vragte, diesel, skole ensovoorts verleen het.

Maar wie weet wat Burger se verskuilde talente is?

Hy maak al van ongeveer 2008 af klere en soos hy dit sê: “Ek probeer maar altyd bietjie buite die boks dink.”

Sy eerste probeerslag van die “matraspakkies” in 2009 was nie so gewild nie, maar nadat ‘n visvangspan dit in 2020 tydens ‘n opheffing in die Covid 19-inperking aangehad het, het dit in hul duisende verkoop.

Miskien het jou ma of ouma nog ‘n blik of ‘n matras in dié betrokke pakkie se ontwerp.

“Net voor die sewes-wêreldrugby in Kaapstad wou ek graag iets nuuts maak, en toe sny ek op die padkaart. Ek hou maar van die kindergoedjies waarmee ons grootgeword het.”

“Party ouens sê die matras-pakkie is hul camo-pakkie om vinnig ‘n girl te kry; party ouens gebruik dit om mee te gaan jag en party dra dit sommer maar vir die snaaksigheid.”

Fotokrediet Burre Burger

“Ons hoop die nuwe padkaartpakkie gaan groot aftrek kry.”

“Ek is al vir jare in die klerebedryf. Min mense weet dit.”

Fotokrediet Burre Burger

Volg FiND iT se Facebook-blad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Volg ons op Telegram by https://t.me/finditnuus.

Indien jy belangstel in bemarking volg hierdie skakel
https://find-it.co.za/2022/07/26/adverteer-en-bemark/