Die Worcester-polisie se teenbende-eenheid het Dinsdagmiddag twee volwasse mans in hegtenis geneem vir die vermeende besit van dwelms ter waarde van R40 000.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê polisielede het inligting ontvang oor dwelms by ‘n huis in Jack-laan en het die inligting opgevolg.
Die polisie het daar op die twee verdagtes in die huis afgekom. Sers. Twigg sê toe die polisie die huis wou binnegaan, het een van die verdagtes glo ‘n plastieksak by ‘n venster uitgegooi.
“In die plastieksak het die polisie 1 009 hele Mandrax-tablette en ses halwes ontdek,” sê sers. Twigg. “Die geskatte waarde van die dwelms is R40 000.”
Die verdagtes sal na verwagting in die Worcester-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



