Nog ‘n boer van die gewilde werklikheidsreeks, Boer soek ‘n vrou, het die naweek getrou.
Tyson Zunkel (34) en Alri Vorster (25) het Saterdag op Zunkel se familieplaas, waar hy saam met sy pa en broer saai- en beesboedery bedryf, getrou.

Zunkel was een van die 10 boere van die 14de seisoen van dié reeks en ook die boer wat die meeste briewe ontvang het.
Die paartjie wat in in Mei vanjaar verloof geraak het, se troue was in die skadu van bome en gaste het op hooibale gesit wat met wit lap oorgetrek was.

Die troue is deur ander boere en hul pasmaats van dieselfde seisoen van Boer soek ‘n vrou bygewoon.


Foto’s: Alri Zunkel, Instagram.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



