Daar was chaos in die Kongo toe ‘n voetbrug tydens sy openingseremonie inmekaargeval het.
Volgens owerhede is die voetbrug gebou om mense te help om die rivier tydens die reënseisoen oor te steek.
Tydens die openingseremonie, toe beamptes besig was om die lint te sny, het die brug van byna twee meter breed net skielik inmekaargestort. ‘n Groep mense het op die brug vir die seremonie bymekaargekom.
‘n Video van die voorval word wyd op sosiale media versprei.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



