SANDF-soldate het die afgelope week ‘n ongewone ontdekking gemaak toe hulle ‘n gesteelde bakkie op ‘n Limpopo-plaas opgegrawe het.
Die bakkie wat glo in Lephalale gesteel is, is ontdek na ‘n ander boer die polisie gebel het.
SANDF-woordvoerder, kapt. Moses Semono, het in ‘n verklaring gesê dat die soldate, vergesel deur die SAPD se voertuigmisdaadopsporingseenheid ‘n deeglike ondersoek op die plaas gedoen het.
Die boer is in hegtenis geneem en sal teregstaan op aanklagte van die besit van ‘n gesteelde voertuig en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Bronne: Review Observer, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Geweld deur taxiverenigings in Houtbaai word gekritiseer



