‘n Straatsmous van Kaapstad het na vore gekom om die boerpot van R86 miljoen te eis na hy Sondag besef het die loterykaartjie wat hy by Shoprite gekoop het, hom laat wen het.
“Die eerste ding wat ek gedoen het toe ek besef het ek het gewen, is om te bid en die Here te dank,” sê die wenner. “Net my vrou en my kinders weet dat ek gewen het.”
“Ek speel twee keer ‘n maand Lotto-speletjies en ek kies elke keer ander nommers as ek speel. Hierdie keer het ek net Lotto gespeel en nie van die ander speletjies nie. Ek het met my gut feeling gegaan.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



