Corrie Pretorius, wat na bewering op 15 Junie 2022 ‘n minderjarige kind aangerand en ‘n vuurwapen op hom gerig het, se borgtogaansoek is weer gister in die hof op Groblersdal uitgestel.
Hy word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ‘n vuurwapen nadat ‘n video wat deur ‘n minderjarige seun se suster geneem is, op sosiale media versprei is. Pretorius en die minderjarige het glo oor sout in ‘n kitskoswinkel gestry en die voorval van die beweerde misdaad waartydens die kind glo aangerand, gevloek en met ‘n vuurwapen op hom gerig is, het buite die winkel in die parkeerarea plaagevind.
Sy aanvanklike borgtogaansoek is suksesvol teengestaan en dit is nou volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder vir die NVG in Limpopo, weer uitgestel tot 9 September sodat hy nuwe regsverteenwoordiging kan aanstel, terwyl hy steeds in aanhouding sal bly.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



