Haarlem verbied meeste vleisadvertensies

Deel hierdie storie / Share this story

Die stad Haarlem in Nederland het besluit om meeste vleisadvertensies in die publiek te verbied omdat veral beesboerdery ‘n negatiewe effek op klimaatsverandering het. Hulle hoop om die inname van beesvleis deur die verbod op advertensies te verminder.

Die verbod op vleisadvertensies gaan vanaf 2024 in die stad van krag wees.

Die idee kom van GroenLinks, ‘n politieke party, af, wat sê dat beesboerdery die meeste mensgemaakte kweekhuisgasse veroorsaak. Sulke gasse soos metaan wat deur beeste vrygelaat word, is skadelik vir die planeet.

Die vleisbedryf was gou om die besluit te kritiseer en het gesê dit gaan ‘n slegte uitwerking op veeboere se besighede hê.

Bronne: BBC, The Guardian

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Polisie identifiseer liggaam van Eliza Fletcher