Polisie identifiseer liggaam van Eliza Fletcher

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Tennessee het Maandag gesê hulle het die liggaam van die vermiste Memphis-erfgenaam Eliza Fletcher geïdentifiseer.

Fletcher (34) was ‘n onderwyseres in die area en die kleindogter van ‘n plaaslike biljoenêr. Sy is ontvoer toe sy Vrydagoggend naby die Universiteit van Memphis gaan draf het.

Cleotha Abston, ‘n man wat omtrent 20 jaar in die tronk was vir ontvoering, is aangekla van die ontvoering en moord op Fletcher. Abston is in 2020 vrygelaat.

Abston is gearresteer nadat sy DNS op sandale naby die plek waar Fletcher verdwyn het, gevind is. Sy voertuig het ook by die beskrywing van die voertuig waarin Fletcher gedwing is gepas.

Hy het glo ook volgens ‘n getuie sy voertuig gewas na Fletcher verdwyn het. Hy is aanvanklik net van ontvoering en die peuter met bewyse aangekla.

Bronne: BBC, The Mirror, Newsweek

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Adam Levine en Behati Prinsloo verwag derde baba