Eerste Covid-19-entstof wat jy kan inasem, goedgekeur

Deel hierdie storie / Share this story

China het die wêreld se eerste entstof teen Covid-19 wat ingeasem kan word, goedgekeur.

Die Chinese maatskappy CanSico Biologics sê sy weergawe van die entstof is as ‘n versterkingsdosis vir noodgebruik goedgekeur.

Die entstof, bekend as Convidecia Air, maak ‘n naaldvrye opsie moontlik om teen die virus ingeënt te word.

Die inasem-entstof, wat self toegedien kan word, verander die vloeistofvorm van die inenting in aerosol sodat dit ingeasem kan word. CanSiBio sê in ‘n verklaring die entstof kan na slegs een asemteug effektiewe immuunbeskerming teen Covid-19 bied.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel