10 Dood in ongeluk op N1 naby Mall of the North in Limpopo

Deel hierdie storie / Share this story

Arive Alive berig ‘n ernstige ongeluk het gister op die N1-verbypad naby die Mall of the North in Polokwane, Limpopo plaasgevind.

Inligting dui daarop dat die bestuurder van ‘n Fortuner moontlik beheer verloor en reg van voor teen ‘n vragmotor gebots het.

Fotokrediet Departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid Limpopo

Sewe persone, waarvan twee kinders, is aanvanklik op die toneel as dood gerapporteer. Die bestuurder en ses insittendes van die Fortuner was onder hulle.

Traffic Policing Affairs Limpopo het later gesê die dodetal het na 10 gestyg.

Polly Boshielo, LUR vir Limpopo se departement van vervoer-en gemeenskapsveiligheid het die ongeluk in ‘n verklaring bevestig. Sy het gesê vier manlike en vyf vroulike insittendes van die Fortuner is oorlede. Sy het verder gesê dat moegheid moontlik die oorsaak was en dat die pad vir ‘n ruk gesluit was sodat wetstoepassingsagentskappe hul ondersoek kon voltooi.

Die LUR het haar medelye teenoor die bedroefde families uitgespreek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel