Biltong-muffins

Deel hierdie storie / Share this story

Maklike resep vir lekker biltong-muffins. Lewer 12 muffins.

Bestanddele:

250 ml volgraanmeel
250 ml koekmeel
500 ml biltong (fyn)
125 ml cheddarkaas
30 ml bakpoeier
3 eiers
200 ml melk
100 ml kookolie
5 ml sout
15 ml suurlemoensap 

Metode:

Meng die bestanddele liggies saam.
Skep in gesmeerde muffinpanne en bak vir 11 minute by 220°C.
Laat effens afkoel voor dit uitgekeer en met botter voorgesit word.

Bron: Biltong en Droëwors – Rooivleisbedryf
Plasing: Henriette Wessels  / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel