Dr. Hendrik Frensch Verwoerd is vandag 6 September presies 56 jaar gelede in die parlement met ‘n dolk doodgesteek.
Die 64-jarige Verwoerd sou twee dae later 65 jaar oud geword het.
Verwoerd, destydse eerste minister van Suid-Afrika, is op 6 September 1966 in ‘n sluipmoordaanval in die parlement doodgesteek.
Die sluipmoordenaar, Dimitri Tsafendas, het as ‘n bode in die parlement gewerk. Hy is nie na die moord verhoor nie, omdat hy as staatspasiënt geestesversteurd verklaar is. Hy is in 1999 in die Sterkfontein-hospitaal oorlede.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



