Polisiespeurders by Algoapark, Gqeberha in die Oos-Kaap, is op soek na moontlike verdagte(s) wat betrokke kon wees by ‘n voorval in Missionvale waarin drie mans Sondag doodgeskiet en twee ander mans gewond is.
Polisielede het na bewering om ongeveer 17:00 reageer op ‘n klagte van ‘n skietvoorval by ‘n huis in Indusstraat, Missionvale.
Met hul aankoms op die toneel het hulle drie mans tussen die ouderdomme van 22 en 24 aangetref wat met verskeie skietwonde op die huis se stoep gelê het.
Twee gewonde mans is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem voor die polisie opgedaag het.
Omstandighede oor die voorval word nog ondersoek.
Die polisie versoek enige persoon met inligting oor die voorval om speur-adjudant offissier Errol Kleinhans by 083 243 4567, of Stop Misdaad by 08600 10111te kontak. Of om van die #MYSAPS toep gebruik te maak.
Alle inligting sal as vertroulik hanteer word. Anonieme wenke word verwelkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



