Sokkerspeler (11) sterf in kruisvuur

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 11-jarige seun, net bekend as Jordan, is Vrydag koelbloedig in Steenberg doodgeskiet.

Hy was ‘n kranige sokkerspeler van die Wesley United Junior AFC.

‘n Onbekende man is glo eers doodgeskiet waarna die seun in die kruisvuur beland het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Volgens Van Wyk is twee persone en die minderjarige seun op die toneel dood verklaar.

Medelye het intussen op sosiale media vir die seun ingestroom.

Die motief vir die skietery was glo bendeverwant.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel