Man sterf ná motor in swembad beland

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is dood nadat sy motor in ‘n swembad beland het.

Emer-G-Med se paramedici is Vrydag ongeveer 11:00 na ‘n toneel ontbied van ‘n motorvoertuigbotsing op Monmouthweg in Athlone Park, Amanzimtoti.

Volgens Emer-G-Med het die motor glo deur ‘n residensiële grensmuur gery, omgeslaan en in ‘n swembad beland.

Die insittende was steeds in die wrak vasgevang en ‘n oproep is deur die Emer-G-Med Emergency Operations Centre gemaak vir die bystand van die polisie se soek-en-reddingseenheid.

Die man is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die botsing en die gebeure is onbekend en sal deur die polisie ondersoek word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel