‘n Plaaswerker van die plaas Weltevreden op Worcester is al twee weke lank vermis.
Anneline “Stukkie” Gouws het glo twee weke gelede by die werk siek geword, waarna sy na die hospitaal geneem is.
Volgens ‘n verklaring deur die polisie het Gouws een van haar kollegas die dag wat sy ontslaan is gebel en gesê sy sal “môre” by die werk wees, maar Gouws het nooit opgedaag nie.
Haar selfoon is sedertien af en daar word vermoed dat daar dalk iets met haar gebeur het op pad huis toe vanaf die hospitaal.
Kapt. FC van Wyk het intussen die familie aangeraai om ‘n saak van ‘n vermiste persoon te gaan oopmaak sodat die saak ondersoek kan word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



