‘n Derde van Pakistan is onder water!

Deel hierdie storie / Share this story

Sherry Rehman, minister van klimaatsverandering in Pakistan, het ‘n paar dae gelede aan BBC News gesê ‘n derde van Pakistan is as gevolg van onder verwoestende oorstromings onder water. Somerreën is die swaarste wat dit in ‘n dekade was en die kitsvloede het paaie, huise en oeste weggespoel.

“Dit is alles een groot oseaan, daar is geen droë land om die water uit te pomp nie,” het Rehman gesê en dit ‘n “krisis van ondenkbare afmetings” genoem.

Amptenare het aangekondig minstens 1 136 mense is sedert die moessonseisoen in Junie begin het, dood.

Die regering van Pakistan blameer klimaatsverandering vir die oorstromings.

Sowat 2 500 mense wat ontruim is, word in ‘n skool in die noordwestelike Khyber Pakhtunkhwa-provinsie gehuisves.

Die rekordmonsoon word vergelyk met die verwoestende vloede wat in 2010 plaasgevind het. Provinsies soos Sindh en Balochistan is tans die ergste geraak, met bergagtige streke in Khyber Pakhtunkhwa wat ook erg deurgeloop het.

Gedurende die verwoestende vloede van 2010 – wat as die dodelikste in Pakistan se geskiedenis beskryf word – is meer as 2 000 mense dood.

Groeiende kommer bestaan oor die herstelkoste van hierdie ramp se vernietigingspoor.

Die regering van Pakistan het reeds ‘n beroep gedoen vir finansiële bystand van hulpagentskappe, vriendelike lande en internasionale skenkers.

Die Britse monarg, koningin Elizabeth II, het gesê sy is “diep hartseer om te hoor van die tragiese lewensverlies en vernietiging” wat deur die oorstromings veroorsaak is. Sy het bygevoeg: “Die Verenigde Koningkryk staan in solidariteit met Pakistan terwyl dit sy herstel begin.”

Haar regering het aangekondig dat dit tot £1,5 miljoen ($1,8 miljoen) vir die vloedverligtingspogings bewillig het.

Bron: BBC News

In ander foto en berigte op die internet is meer besonderhede beskikbaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel