Ian Cameron het op sy Facebook-blad ‘n plasing gemaak met ‘n video waarin hy sê dat hy en gemeenskapslede by Kleinvlei-polisiestasie in Eersterivier, Wes-Kaap opgedaag het vir ‘n onaangekondigde besoek.
Kyk die video hier:
“Ongeveer ses weke gelede is ek deur die GPF (gemeenskapspolisiëringsforum), van Kleinvlei-polisiestasie aangesê om nie meer ‘n vergadering met hulle by te woon nie, omdat hulle ‘n instruksie van die provinsiale polisiekantoor ontvang het om nie met ActionSA te ontmoet nie, omdat persone ontsteld en beledig sal wees.”
“So ons het in elk geval net voortgegaan.”
Cameron sê in die video dat die hekke oop was met hul aankoms, maar dat die stasiebevelvoerder skielik verskyn het en hekke begin toemaak het.
Die toilette en die binnekant van die polisiestasie word as haglik en vuil beskryf.
Kyk die volledige video waarin Cameron sê dat daar later weer video’s en foto’s van hul besoek geplaas sal word.
Wanneer jy die polisiestasie op Google soek, is daar 27 resensies (goed en sleg) van Kleinvlei-polisiestasie beskikbaar wat hulle ‘n gradering van 2,1 uit 5 sterre gee.
Op 28 Maart 2022 is ‘n brandstigtingsaak by Kleinvlei geopen nadat vier van die speurderskantore met saakdossiere gebrand het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



