Meer as 11 000 pasiënte by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg wag om operasies te ondergaan.
Volgens die Gautengse departement van gesondheid is daar weens die agterstand in die hospitaal se chirurgiese afdeling ‘n totaal van 11 194 pasiënte wat wag om operasies in verskeie afdelings van die hospitaal te ondergaan.
Die departement sê in ‘n verklaring daar word stappe geneem om die agterstand te hanteer. Daar sal onder andere oor naweke operasies gedoen word en ‘n addisionele teater in die Bheki Mlangeni-distrik beskikbaar gestel word.
Lees die volledige verklaring hier:


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



