Vermeende Mandrax-baas uit op R50 000 borg

Deel hierdie storie / Share this story

Die man wat verlede week glo met R800 000 se dwelms in sy besit gearresteer is, is op bortog van R50 000 vrygelaat.

Henry Ugochukwu Muoghalu, ‘n buitelander, het Maandag in die Goodwood-landdroshof verskryn.

Daar is ook beslag gelê op die silwer Toyota waarin die dwelms gekry is.

Volgens Zinzi Hani, woordvoerder vir die Valke, is Muoghalu op baie streng voorwaardes vrygelaat.

Die saak is tot 2 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.