Die polisie op Odendaalsrus het gister op ‘n gruvonds afgekom na ‘n houtkapper hulle na die toneel ontbied het.
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ‘n houtkapper het in die plaasomgewing langs die K10-seksie houtgekap toe hy op die liggaam van ‘n onbekende vrou afgekom het.
Die vrou was in haar laat 20’s en het ‘n trouring aan haar vinger gehad.
Haar klere was oor die toneel verstrooi, haar keel is gesny en daar is ook ‘n vermoede dat sy verkrag is.
‘n Saak van moord is by die polisie geopen.
Kapt. Thakeng sê niemand in die omgewing is as vermis aangemeld nie en dat enigiemand met inligting die Odendaalsrus-polisie by 082 301 2797 moet kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



