Baba sterf na haelsteen haar teen die kop tref

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Twintig maande oue baba is oorlede nadat ‘n massiewe haelsteen haar teen die kop getref het tydens ‘n seldsame hewige storm in Spanje.

Die baba is Woensdagoggend in die hospitaal oorlede nadat sy Dinsdag deur die haelsteen teen die kop getref is toe sy saam met haar ouers was.

Ten minste 40 mense is behandel vir beserings nadat hulle ook deur haelstene, waarvan sommiges tot 11 sentimeter in grootte, getref is.

Bronne: Euronews, CNN, Sky News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Oscar Pistorius op pad hof toe oor parool