Operation Dudula is steeds besig met protesoptrede teen buitelanders buite die Kalafong-hospitaal. Dit het gelei tot ‘n vuisgeveg tussen Dudula-lede en lede van die EFF.
Die EFF het 11:00 by die Kalafong-hospitaal aangekom om protesliedere te sing om hulle irritasie te wys met die Dudula-lede wat nou al vir weke buite die hospitaal staak en buitelanders en mense wat hulle glo is buitelanders, wegjaag.
Die vuisgeveg het uitgebreek toe EFF-lede nader aan die Dudula-lede begin sing en dans het. Binne sekondes het die klappe gevlieg.
Die polisie was op die toneel, maar het niks gedoen om in te meng met die bakleiery nie. Hulle het ook niks gedoen aan die staking nie, selfs nie mét ‘n hofinterdik teen die Dudula-lede nie.
Bronne: Sowetan LIVE, eNCA, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



