27 dae van beurtkrag dalk op die horison vir Suid-Afrika?

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom het Woensdag ‘n waarskuwing uitgerek dat daar tot 27 dae van beurtkrag in September kan wees as onbeplande onklaarrakings tot 16 000 MW styg terwyl Eskom besig is met aanleginstandhouding.

Die waarskuwing is uitgereik in die vergadering wat gehou is om die verwagte kragstelselprestasie vir die volgende twaalf maande te bespreek.

Isabel Fick, Eskom se hoofbestuurder: stelselbedrywighede, het gesê daar is drie scenario’s wat die vlak en erns van beurtkrag vanaf September sal bepaal.

Fick sê Eskom veronderstel dat dit 13 000 MW onbeskikbare kapasiteit, met 2 2 000 MW noodreserwes deur die jaar in ‘n basis-scenario as opwekkingskapasiteit sal hê.

Onbeplande uitvalle in ‘n “medium” scenario kan tot 14 5000 MW opgaan en na 16 000 MW in die slegste scenario. Fick sê die hele plan is in onsekerheid gehul, maar die stelsel kan beurtkrag hanteer in die geval van  onverwagse uitvalle of nywerheidsonrus.

Sy sê die beplanning vir verskillende scenario’s is nodig omrede die onsekerheid oor beskikbaarheid van die 4 000 MW. “As ons by die basiese scenario hou, voorsien ons nie enige beurtkrag vir September nie,” het Fick gesê.

“As ons egter by die basiese scenario hou, plus R1 5000 MW, kan ons 19 dae van Fase 2-beurtkrag verwag. En dieselfde geld vir die basiese scenario plus 3 000 MW, dan verwag ons 27 dae van beurtkrag.”

Fick sê al die finansiering en hulpmiddele moet beskikbaar gemaak word soos benodig, om hierdie plan ten uitvoer te kan bring, aangesien enige veranderinge die plan vorentoe sal beïnvloed.

Bronne: IOL, Engineering News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Baba sterf na haelsteen haar teen die kop tref