Vier verdagtes in Wes-Kaap vas oor koperkabels

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Wes-Kaap het Maandagoggend vroeg vier verdagtes in verskeie areas in dié provinsie in hegtenis geneem na hulle glo in die besit van gesteelde koperkabels betrap is.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê een vroulike verdagte is glo met sewe sakke koperkabels betrap. Die koperkabels, ter waarde van ongeveer R36 000, het 293 kg geweeg. Die voertuig waarin sy gery het, is ook gekonfiskeer.

In Elsiesrivier is twee manlike verdagtes in hegtenis geneem na hulle glo in die besit van koperkabels wat aan die Drakenstein-munisipaliteit behoort, gevind is. Dié kabels het 11 kg geweeg.

In Kleinvlei is nog ‘n manlike verdagte in hegtenis geneem vir koperkabels wat aan Telkom behoort.

Die verdagtes sal binnekort in die Goodwood-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel