Twee glo deur 10 onwettige myners aangerand

Deel hierdie storie / Share this story

Twee vermoedelik onwettige myners is Donderdag op aanklagte van moord, en nog 10 op aanklagte van aanranding, in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor die voorval in Bhongweni in Randfontein. Die lede het die inligting opgevolg en twee persone wat glo deur onwettige myners aangerand is, gered.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die twee slagoffers daarvan beskuldig is dat hulle ‘n ander onwettige myner vroeg die oggend doodgeskiet het.”

Al 12 verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Randfontein-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel