Dit word van leerlinge in KwaZulu-Natal verwag om vandag tradisionele Zoeloe-drag aan te trek ter ere van koning Misuzulu ka-Zwelithini.
‘n Kennisgewing is verlede week aan skole gestuur oor die reëlings, maar verskeie groepe, insluitend Sadtu, die SACP en die DA, het hulle misnoeë hieroor uitgespreek,
Sadtu het gesê hulle wil hê KZN-onderwys-LUR Mbali Frazer, en die departementshoof moet verduidelik hoekom die tradisionele drag vandag gedra moet word en nie op Erfenisdag nie.
Sadtu het ook gesê die besluit ondermyn die reg van skoolbeheerliggame.
Bronne: eNCA, iAfrica
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



