Mr Price het pas verskeie selfstandige babawinkels regoor die land bekend gestel, wat klante ‘n verskeidenheid noodsaaklikhede vir babas, kleuters en kinders tot sewe jaar oud bied.
Die kleinhandelaar se jongste toevoeging sal klante ‘n wye reeks produkte bied oor persoonlike versorging, bad, reis, drink, slaap, voeding, speel en klere.
“Sedert die bekendstelling van babaklere in November 2020 het ons die behoefte gesien om ouers selfs ’n groter ongelooflike waarde te gee as waarvoor ons bekend is,” het Donovan Baney, besturende direkteur van Mr Price, gesê.
Na twee jaar se deeglike marknavorsing, waartydens die groep met ouers en toekomstige ma’s gesels het, het Mr Price ’n winkelervaring geskep om ouerskap bekostigbaar en gerieflik vir alle Suid-Afrikaners te maak.

Die oorspronklike Mr Price-handelsmerk sal klante die geleentheid gee om vir alledaagse baba-items soos doeke, stootwaentjies, babaformule, melkbottels, fopspene, karstoeltjies, speelgoed en babakos te koop.
“Mr Price Baby is ’n groot mylpaal vir ons as die waardekampioen met soveel potensiaal om te groei,” het Donovan Baney bygevoeg.
Die Mr Price Baby-winkels sal in die Eastgate-winkelsentrum, Menlyn-winkelsentrum, Mitchells Plain Promenade Mall, Carnival Mall, Parow-sentrum en Pine Crest-sentrum gevind kan word.
Jy kan ’n verskeidenheid produkte in die Mr Price Kids-winkels by Carlton Centre, Mall of Africa en Midlands Mall koop, asook in die volgende Mr Price-winkels: Benoni Lakeside Mall, Cavendish, Fourways Mall, Golden Walk-winkelsentrum en Nelspruit Riverside Mall.

Bykomende geriewe sluit ’n kiosk in geselekteerde winkels in waar klante aanlyn kan inkopies doen met die opsie van deur-tot-deur aflewering of aflewering by hul naaste winkel.
Mr Price het aanvanklik in November 2020 die eerste keer babaklere in sy winkel bekend gestel.



