Seun (9) steek glo vriend (10) dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n negejarige seun na bewering deur sy vriend (10) doodgesteek is.

Die tragiese voorval het in die dorpie Ntwashu plaasgevind.

Daar word beweer die twee seuns het in ‘n bakleiery betrokke geraak waarna die een seun glo ‘n skerp voorwerp in die hande gekry het en die ander een doodgesteek het.

Thembinkosi Kinnana, polisiewoordvoerder, sê die seuns het na vee omgesien.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.