‘n Vrou (29) is Saterdagoggend op Swartkops hegtenis geneem na die vermeende moord op haar 38-jarige kêrel.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die paartjie het glo omstreeks 01:30 Saterdagoggend in ‘n stryery betrokke geraak.
Die vrou het toe vermoedelik ‘n mes geneem en haar kêrel in die nek gesteek.
Hy is op die toneel dood verklaar en die vrou is buite die woning in hegtenis geneem.



