Oud-polisiekommissaris Johan van der Merwe sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Generaal Johan Velde van der Merwe, kommissaris van Polisie tot in 1995 sterf tydens rehabilitasie na ‘n beroerte.

Fotokrediet Johan van der Merwe Facebook-blad

Hy word gegroet deur duisende polisiemanne en vroue wat hom respekteer het.

Hy het Vrydag sy 86ste verjaarsdag en 61ste huweliksherdenking gevier terwyl hy aan’t herstel was in ‘n rehabilitasiesentrum na ‘n ernstige beroerte-aanval.

Na sy aftrede was hy steeds betrokke by die Bond van Afgetrede Lede en het gereelde bydraes vir die Nonqai-tydskrif gelewer.

Johan du Toit Böning, afgetrede kolonel en tans direksielid by Solidariteit Helpende Hand het vanoggend die volgende boodskap op Facebook gedeel:

“‘n Legende is Hemel toe.

RIV Generaal Johan van der Merwe. 

Een van die beste NASKOM’ s ooit. 

Netjies, professioneel, roepingsgedrewe. Hy het gelei met integriteit, hy het die waarheid geken. Hy het besluite gemaak wat in belang van ons prag land was en hy het een van die beste polisiemagte in die wêreld agter hom gehad en in stand gehou. 

Hy het op meriete gevorder van konstabel tot generaal, ‘n ware loopbaan polisieoffisier. 

“A leader by example, an officer and a gentleman”. Saluut!!”

Ander boodskappe op sosiale media lees: “Ons roep radiostilte vir ‘n dierbare lid wat tot rus geroep word.” “At the going down of the sun and in the morning, we will remember him. Salute.” “Vandag maak die AKB die laaste inskrywing in die VB van ons oud-lede.”

Hier volg generaal Van der Merwe se geskiedenis deur South African Mirror:

“Johan Velde van der Merwe sluit op 17-jarige ouderdom by die Suid-Afrikaanse Polisie aan as ‘n junior konstabel. Hy is al die jare in die uniformtak en na aanstelling as offisier word hy na die veiligheidstak oorgeplaas. Aanvanklik is hy belas met grensbeheer en grensbewaking, later word hy die afdelingsbevelvoerder van die veiligheidstak in die Vrystaat. Reeds vroeg in sy loopbaan is hy geoormerk as ‘n leier. Die uitdagende pos van afdelingsbevelvoerder in Suidwes-Afrika (SWA – nou Namibië) word hom aangebied. Met die ganse wêreld se oog gerig op SWA toon hy sy staal, gou is hy die veiligheidshoof, die senior-hoofadjunkkommissaris van polisie en kommissaris van polisie.

Nadat hy sy matriek verwerf het, behaal hy ook die B Irus-graad. Hy is allerweë bekend vir sy lojaliteit aan die Mag en sy lede (hy was nooit ‘n dag met siekteverlof nie). Genl. Van der Merwe is ‘n ware rolmodel en iemand wat alles veil gehad het vir Suid-Afrika en sy mense.

Wat die binnelandse en buitelandse bedreigings betref, het hy die belange van die staat en sy mense met volle oorgawe gedien. Dit is ironies dat hy en diegene wat in die voorposte gestaan het, juis uitgelewer is aan diegene teen wie hy en die mag so onverbiddelik geveg het!

Hy is die skrywer van ‘n boek Trou Tot Die Dood Toe en het reeds verskeie kort publikasies die lig laat sien. Na aftrede dien hy steeds bykans voltyds die belange van oud-lede van die SA Polisie.”

FiND iT Nuus betuig innige simpatie aan sy familie en vriende.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel