Medihelp móét vir 3-jarige Zachary de Wet se behandeling betaal

Deel hierdie storie / Share this story

Die hof het Vrydag beslis dat Medihelp vir Zachary de Wet se ensiemvervangingsterapie moet betaal nadat die mediese fonds aanvanklik geweier het. Hunter-sindroom is verlede jaar by Zachary (3) gediagnoseer.

Sy ouers, Michaney en Jacques de Wet en Rare Diseases South Africa NPO 120-991 (RDSA) het die hof genader omdat behandeling sy agteruitgang kan vertraag.

Zachary se medisyne kos ongeveer R180 000 per maand, en Medihelp het volgens Michaney palliatiewe sorg vir hom voorgestel.

Die hof het Vrydag beslis dat Medihelp vir sy ensiemvervangingsterapie moet betaal.

“Vandag is ‘n oorwinning vir ons almal. Soos u mag weet, was die saak van Zachary de Wet Dinsdag 23 Augustus in ‘n dringende aansoek in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor. Vandag is ons in kennis gestel dat die aansoek wat deur Michaney de Wet en RDSA teen Medihelp Mediese Skema en CMS gebring is om te versoek vir interim bystand vir die befondsing van Zach se behandeling, in die guns van die applikant beslis is,” het RDSA op hul Facebook-blad geplaas.

“Iemand het onlangs vir my gesê dat hulle ons krag bewonder in alles wat aangaan… ek is nie sterk nie, ek is ver daarvan, maar ek was in staat om te staan deur die wat ons binnekring ingekom het en ons probleme saam met ons opgetel en ons deur dit gehelp het. Ek bedank God vir hierdie mense,” het Michaney de Wet op haar Facebook-blad gesê.

Zachary se medisyne kos ongeveer R180 000 per maand, en Medihelp het volgens Michaney palliatiewe sorg vir hom voorgestel.

Lees RDSA se volledige verklaring hier:

Krediet RDSA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel